|
Kom en geniet Parys se rustigheid en gasvryheid by STOEPSTORIES B & B, geleƫ naby die Afri Dome in 'n stil, boomryke deel van die dorp.
Die huis is in 1948 gehou en is die oorspronklike ou "moederhuis" van die omgewing. Ons het die huis onlangs gekoop en is tans besig om dit stadigaan tot sy oorspronklike glorie te herstel. Op die erf is daar pragtige groot pekanneutbome, vrugtebome, asook 'n lieflike groentetuin.
Die huis self het nog die oorspronklike staalplafonne en blokkiesvloere.
Kom geniet rus en vrede by ons in 'n heerlike privaatkamer met dubbelbed, eie stort en toilet, televisie en yskassie. Dit het 'n aparte ingang. 'n Heerilke ontbyt word voorsien. U kan ook indien verkies, saam met die gesin kuier.
Parkering is oop, maar agter 'n palisadeheining met elektriese skuifhek en interkom.
Ons sien daarna uit om u te huisves!
Fanie en Amanda Marais
|